BemarkingsGeleenthede

Ons is dankbaar vir al ons borge

Wil jy n borg word?

Ons is opreg dankbaar vir al ons borge wat deur hul ondersteuning en bydraes ‘n onskatbare rol speel in die sukses van ons projekte en geleenthede. Julle vertroue en betrokkenheid maak dit vir ons moontlik om leerders en studente aan te moedig, talent te ontwikkel en kwaliteit produksies aan te bied. Sonder julle sou hierdie drome en mylpale nie moontlik wees nie. Baie dankie dat julle saam met ons ‘n verskil maak.

Bemarking / Advertensies / Borgskappe:

Gretha Nieuwenhuis
Telefoon: 057-447-4681
E-pos: gretha@gouties.co.za

Of Vul onderstaande in


Dankie aan al ons Borge — Julle het die Astro-Hokkiebaan ‘n Werklikheid Gemaak

Ons wil graag ‘n opregte woord van dank uitspreek aan al ons borge wat hierdie droom moontlik gemaak het. Julle bydraes en ondersteuning het ‘n tasbare verskil gemaak en sonder julle sou die bou van die astro-hokkiebaan nie realiseer nie.

Dankie dat julle in ons skool en in ons sporttoekoms belê het — julle het nie net in infrastruktuur belê nie, maar ook in die groei, ontwikkeling en prestasies van ons leerders. Hierdie fasiliteit sal vir baie jare ‘n plek van trots, harde werk en spanbou wees.

Ons waardeer elkeen van julle se betrokkenheid en samewerking opreg.

Addisioneel