Skoolgelde

KIES REG EN KIES GOUD!!

Skoolgelde 2025

Skoolgelde beloop tans: Gr. 8 tot 12: R24 090.00 per jaar

Derde kind: gratis

Eerste paaiement van R 2 190.00 betaalbaar met ontvangs van handboeke. Daarna slegs 10 paaiemente van R 2 190.00 elk.

Let wel dat hierdie bedrag u totale skoolfonds is. M.a.w. dit sluit die gebruik van handboeke in. Geen gelde word verder in hierdie verband gehef nie. Indien u nie die skoolgelde kan bekostig nie – of gedeeltelik nie kan bekostig nie, skakel asb. die kantoor. Ons deur staan altyd oop.

U rekening kan soos volg vereffen word:  Eenmalige vereffening volle rekening (Indien u voor 28 Februarie  die rekening ten volle vereffen kwalifiseer u vir 5 % korting.) Paaiemente moet voor die 10de van elke maand betaal word. (Laaste paaiement 1 November).

Betaling kan as volg geskied: Kontant, per debietorder, internetbetaling of kaartstelsel.
Skoolgeld word aangewend om alle bedryfsuitgawes asook salarisse te dek.

Navrae: finansies@gouties.co.za

Addisioneel