Kultuur

Goudveld se Trots

Vorming van Kampioene — Op én buite die sportveld

Goudveld Kunste Akademie

By die Goudveld Kunste Akademie kry leerders die kans om hul kreatiwiteit te ontwikkel in musiek, drama, dans en visuele kunste. Ons bied ’n verskeidenheid instrumente en kunsvakke aan, onderrig deur ervare personeel wat passievol is oor jong talent.

Leerders neem ook deel aan produksies, konserte en talentgeleenthede, en ontdek só ’n ruimte waar hulle kan groei, leer en floreer.

2009

Grease

2011

Grease

2013

Grease

2015

Grease

2017

Grease

2019

Grease

Goudveld Kunste Akademie kan met trots as een van die mees toonaangewende kunste instansies in die Vrystaat geag word.

Musiekskool

Gedurende die jaar het 16 leerders hul ABRSM teorie eksamen afgelê waarvan 2 leerders met onderskeidings slaag, 20 leerders het hul ABRSM praktiese eksamen afgelê. Vanjaar het 10 leerlinge ingeskryf vir die Rockschool praktiese eksamen, wat einde Oktober afgelê word.

Onderrig word deur die volgende uiters bekwame personeel aangebied: Gerda Koekemoer, Gerna Koekemoer, Frank Janse van Rensburg, Eraneé de Beer, Candice Grové, Trudené Marais, Piet Kruger, Shané Addinal, Ciska Rheeder, Lida Singleton, Dean Scarcella en Charlene Scarcella.  Goudveld Kunste Akademie spog met die hoogste slaagsyfer in ABRSM, Trinity en Rockschools eksterne eksamens in die streek. Die akademie dien ook as die eksamensentrum vir ABRSM en Rockschool in die streek.

Dramaskool

Die dramaskool het hierdie jaar hul eie poppekas, poppe, dekor en rekwisiete ontwerp en gebou. Die poppekas is by verskillende laerskool opgevoer. DJ Kruger het deelgeneem aan die ACT/DALRO/Nedbank Scholarship. Tydens die Eisteddfod word daar x3 A++, x3 A+/ x5 A, x10 B+ en x1 B verower.

Dansskool

Die dansskool het ‘n suksesvolle vertoning wat geskoei is op die verhaal van “Shrek” aangebeid in die Ernest Oppenheimer Teater op 12 en 13 Oktober. 3 Leerders neem deel aan SATCH gedurende die September vakansie en behaal 1 silwer, 2 goud en een platinum medaljes.

Taal en Kunstefees

Die jaarlikse Goudveld Taal- & Kunstefees is verseker ‘n hoogtepunt op die kultuur kalender. Leerders kom van wyd en suid om deel te neem en hulle sê te sing, te praat of te teken.

Kroonstad Eisteddfod

110 items word deur Goudveld-Kunste Akademie leerders ingeskryf en die leerders verwerf 22 kategorie wenners sertifikate, 77 goud en 11 silwer sertifikate.

Koor

Goudveld-Hoërskool koor bestaan uit 80 lede. Die koor tree gedurende die jaar by verskeie geleenthede op. Tydens die Taal- en Kunstefees sowel as Kroonstad Eisteddfod verwerf die koor ‘n A++ (90%) en word hul ook as kaategoriewenner aangewys.

Tydens die Junievakansie het die koor ‘n kamp te ATKV-oord Drankensville onderneem. Gedurende diè tyd is die repertoire vir die Talentaand aangeleer.

VOortrekkers

Goudveld het voortrekkers.

Talentaand

Die Talentaand vir plaas op 25 en 27 September by die Goldfields Konferensiesentrum. 21 Items het die audisies geslaag. Die deelnemers neem deel in die volgende afdelings: Dans, Drama; Instrumentaal en Sang. Uittreksels uit die musiekblyspel “The Lion King” word deur die koor gedoen saam met 5 leerkragte van Goudveld-Hoërskool wat as soliste optree. Die koor word begelei deur ‘n orkes wat bestaan uit dosente en leerlinge van die GKA.

Musiek As Vak

Goudveld bied ook musiek as vak aan.

Addisioneel