Sport

Vorming van Kampioene op en van die Sportveld

Sport by Goudveld-Hoërskool

Sport speel ‘n belangrike rol in die vorming en ontwikkeling van leerders by Goudveld-Hoërskool. Die skool se prestasies is bekend op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak.

Gouties word aangemoedig om deel te neem aan die sportgeleenthede wat die skool aanbied, sodat hulle as gebalanseerde jongmense kan ontwikkel.

Goudveld neem deel aan verskeie sportdae en toernooie om maksimum blootstelling aan ons leerders te gee. Die WESGROW Sentrale Skole Reeks sluit rugby-, hokkie- en netbalspanne in.

Verskeie afrigtingsklinieke word ook aangebied, waartydens top Protea- en SA-verteenwoordigers hul kennis en ervaring met ons leerders deel.

Ons Sportsoorte

Rugby

Krieket

Netbal

Atletiek

Golf

Hokkie

Skaak

Tennis

Tweekamp

Muurbal

Swem

Landloop

Ons ondersteun ook die volgende buite-skool verband sportsoorte:

Bergfietsry, Skiet, Dans, Uithourit, Karate en Judo.

Prestasies

Die prestasies van Goudveld-Hoërskool word op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak vertoon. Verskeie rugbyspelers word tot die Griffons Craven week, Grant Khomo en verteenwoordigende spanne verkies.

Die netbalspelers word goed verteenwoordig in die Vrystaat netbal span wat deelneem aan die SA Netbal toernooi. Goudveld se Fast 5 netbalspan word verteenwoordig op die SASN-Fast 5-toernooi en eindig algeheel 4de in Suid Afrika

Goudveld Hokkiespelers word goed verteenwoordig in die Noord-Vrystaat span wat deelneem aan die SA Hokkie toernooi

Goudveld Hoërskool spog ook met Mine de Klerk wat tans Nr 2 op die Wêreld Ranglys is vir gewigstoot (o/16). Sy is ook deel van die SA Jeugspan wat in Ivoorkus deelneem.

Goudveld skaakspelers neem elke jaar aan die SA Skaak kampioenskappe deel.

Verskeie Goudveld krieketspelers verteenwoordig die Vrystaat op Krieket Suid-Afrika se jeugtoernooi

Goudveld swemmers neem deel aan die SA Swemkampioenskappe en kwalifiseer ook vir die SA Junior Nasionale byeenkomste

Addisioneel