Slaan oor na inhoud
057 352 7187 Ma.–Do. 07:15 – 15:00 · Vr. 07:15 – 14:00
Goudveld Hoërskool · Welkom

Sport

Vorming van kampioene op en van die sportveld.

Oor Sport by Goudveld

Sport by Goudveld-Hoërskool

Sport speel 'n belangrike rol in die vorming en ontwikkeling van leerders by Goudveld-Hoërskool. Die skool se prestasies is bekend op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak.

Gouties word aangemoedig om deel te neem aan die sportgeleenthede wat die skool aanbied, sodat hulle as gebalanseerde jongmense kan ontwikkel.

Goudveld neem deel aan verskeie sportdae en toernooie om maksimum blootstelling aan ons leerders te gee. Die WESGROW Sentrale Skole Reeks sluit rugby, hokkie en netbalspanne in.

Verskeie afrigtingsklinieke word ook aangebied, waartydens top Protea en SA-verteenwoordigers hul kennis en ervaring met ons leerders deel.

Doen aansoek vir 2026
Wat ons bied

Ons Sportsoorte

Twaalf hoof-sportsoorte, elk met opgeleide afrigters en oefenspanne.

Rugby
Krieket
Netbal
Atletiek
Golf
Hokkie
Skaak
Tennis
Tweekamp
Muurbal
Swem
Landloop

Ons ondersteun ook die volgende buite-skool verband sportsoorte:

Bergfietsry
Skiet
Dans
Uithourit
Karate
Judo
Erkenning

Prestasies

Gouties se prestasies word op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak vertoon.

Die prestasies van Goudveld-Hoërskool word op provinsiale, nasionale en selfs internasionale vlak vertoon. Verskeie rugbyspelers word tot die Griffons Craven Week, Grant Khomo en verteenwoordigende spanne verkies.

Die netbalspelers word goed verteenwoordig in die Vrystaat netbal span wat deelneem aan die SA Netbal toernooi. Goudveld se Fast 5 netbalspan word verteenwoordig op die SASN-Fast 5-toernooi en eindig algeheel 4de in Suid-Afrika.

Goudveld hokkiespelers word goed verteenwoordig in die Noord-Vrystaat span wat deelneem aan die SA Hokkie toernooi.

Goudveld Hoërskool spog ook met Mine de Klerk wat tans Nr 2 op die Wêreld Ranglys is vir gewigstoot (o/16). Sy is ook deel van die SA Jeugspan wat in Ivoorkus deelneem.

Goudveld skaakspelers neem elke jaar aan die SA Skaak-kampioenskappe deel.

Verskeie Goudveld krieketspelers verteenwoordig die Vrystaat op Krieket Suid-Afrika se jeugtoernooi.

Goudveld swemmers neem deel aan die SA Swemkampioenskappe en kwalifiseer ook vir die SA Junior Nasionale byeenkomste.

Oomblikke

Van die sportveld

Foto's van ons atlete, spanne en oomblikke wat die Gouties-gees vier.

Gouties Prestasies

Volg ons prestasies

Bly op hoogte van uitslae, spanaankondigings en foto's op ons Facebook en Instagram.