Word deel van die Gouties-familie deur borgskap en ondersteuning.
Kom vandag met ons in aanraking
Klik "Stuur" in jou e-pos-app om die navraag na Gretha te stuur.
Dankie aan al ons Borge
Julle het die Astro-Hokkiebaan 'n werklikheid gemaak.
Ons wil graag 'n opregte woord van dank uitspreek aan al ons borge wat hierdie droom moontlik gemaak het. Julle bydraes en ondersteuning het 'n tasbare verskil gemaak en sonder julle sou die bou van die astro-hokkiebaan nie realiseer nie.
Dankie dat julle in ons skool en in ons sporttoekoms belê het, julle het nie net in infrastruktuur belê nie, maar ook in die groei, ontwikkeling en prestasies van ons leerders. Hierdie fasiliteit sal vir baie jare 'n plek van trots, harde werk en spanbou wees.
Ons waardeer elkeen van julle se betrokkenheid en samewerking opreg.