Drama
Slegs na skool. Ontwikkel selfvertroue, stem, en verhoog-teenwoordigheid.
Kreatiewe uitnemendheid, passie op die verhoog en talentontwikkeling by Gouties.
By die Goudveld Kunste Akademie kry leerders die kans om hul kreatiwiteit te ontwikkel in musiek, drama, dans, fotografie en visuele kunste. Ons bied 'n wye verskeidenheid instrumente en kunsvakke aan, onderrig deur ervare en passievolle afrigters wat leerders toerus vir die verhoog sowweel as die lewe.
Leerders neem ook gereeld deel aan produksies, konserte, eisteddfods en talentgeleenthede, en ontdek so 'n veilige, inspirerende ruimte waar hulle kan groei, leer en floreer.
Goudveld Kunste Akademie kan met trots as een van die mees toonaangewende kunste-instansies in die Vrystaat geag word.
Lesse kan tydens skool of na skool plaasvind. Beskikbaar vir beginners tot gevorderde leerders.
Slegs na skool. Ontwikkel selfvertroue, stem, en verhoog-teenwoordigheid.
Leer die basis van komposisie, lig en jou kamera se instellings, prakties toegepas.
Skildery, teken en gemengde media, van beginners tot gevorderd.
Solo-sang, stem-tegniek en aanbieding, in Afrikaans en Engels.
Klavier, klarinet, dwarsfluit, baskitaar, akoestiese kitaar, elektriese kitaar, dromme, ukulele en meer.
Speelse musiek-inleiding vir ons jongste musikante.
Formele musiek-teorie klasse ter ondersteuning van instrumentale en sang-leerlinge.
Ontmoet ons passievolle afrigters en instrukteurs. Klik op enige plakkaat om dit te vergroot.
Klavier, klarinet, dwarsfluit en teorie
Akoestiese Kitaar, Elektriese Kitaar, Bas Kitaar, Ukulele, Dromme & Teorie
Kry die volledige vakleerplanne, vereistes en inligting per afdeling.
Van ons 71-stemmige koor tot ons hergebore Talentaand – ons leerders skitter op elke verhoog.
Die Goudveld-Hoërskool Koor bestaan uit 71 lede en staan onder leiding van mnr. F. J. v. Rensburg. Mev. L. Fourie en mev. H. Nortjé bied ondersteuning met die dag-tot-dag-bestuur van die koor.
2026 was ’n uiters suksesvolle jaar vir die koor. Die jaar het onder meer ’n Kooraand ingesluit, waartydens ouers heerlik saam met die koor kon sing, ’n Lofsangaand, ’n inblynaweek en verskeie optredes. Die jaar het ook ’n besondere hoogtepunt bereik met Koordadig, aangebied deur Naudeville Primêre Skool, waar die Goudveld-Hoërskool Koor deel gevorm het van ’n indrukwekkende massakoor van meer as 800 stemme.
2026 het die hergeboorte van die Talentaand gesien. Meer as 50 kandidate het vir die oudisies ingeskryf, waarvan 20 deurgedring het tot die finale rondte. Die aand was ’n ware skouspel, met onderwysers en finaliste wat hul talente in verskeie kunsvorme ten toon gestel het.
Algehele wenner van die Dansafdeling
Aangrypende vertolking van die gedig "Die Kind"
'n Onvergeetlike instrumentale groepitem
Besonderse vokale prestasie wat hoendervleis gegee het
Die jaarlikse Goudveld Taal- en Kunstefees is verseker 'n hoogtepunt op die nasionale kultuurkalender. Leerders kom van wyd en suid om deel te neem in musiek, dans, drama, redenaars en visuele kuns.
Goudveld bied Musiek as formele eksamenvak aan, ondersteun deur ervare vakonderwysers, individuele instrumentlesse, tromorkes en ensemble-geleenthede.
Goudveld spog met 'n dinamiese Voortrekker-kommando wat gereeld deelneem aan streek- en nasionale kampe, leierskapskursusse, diensprojekte en buitelewe-avonture.
Kry al die inligting en skryf in vir 2026, in musiek, drama, dans, fotografie, visuele kunste en meer.