Word een van ons.
Opedag 2026
Kies reg en kies goud!
Ons opedag is 'n dag vol pret en opwinding, waar toekomstige Gouties vir die eerste keer Goutieland beleef. Bring die hele gesin, ontmoet die personeel en kom kyk waarom Goudveld die regte keuse is.
Kies jou pad.
Kies waardes, tradisie en Afrikaans.
Kies Goudveld.
Opeaand 2026
Beleef Goudveld in aksie
Twee kort videos wat wys hoekom Goudveld anders is.
Wat om te verwag
Beleef Goudveld self
- Rondleidings deur die skoolgronde en klaskamers
- Kennis maak met onderwysers en departementshoofde
- 'n Blik op ons koshuis en fasiliteite
- Vraag-en-antwoord met bestuur
- Kort demonstrasies van sport en kultuur
Kan jy nie by die opedag wees nie?
Reël 'n private rondleiding
Ons kantoor sal 'n tyd vind wat vir jou werk. Kom loer wanneer dit vir jou pas.