Drama
Slegs na skool. Ontwikkel selfvertroue, stem, en verhoog-teenwoordigheid.
Vorming van kampioene, op én buite die sportveld.
By die Goudveld Kunste Akademie kry leerders die kans om hul kreatiwiteit te ontwikkel in musiek, drama, dans en visuele kunste. Ons bied 'n verskeidenheid instrumente en kunsvakke aan, onderrig deur ervare personeel wat passievol is oor jong talent.
Leerders neem ook deel aan produksies, konserte en talentgeleenthede, en ontdek so 'n ruimte waar hulle kan groei, leer en floreer.
Goudveld Kunste Akademie kan met trots as een van die mees toonaangewende kunste-instansies in die Vrystaat geag word.
Doen aansoek vir 2026
Lesse kan tydens skool of na skool plaasvind.
Slegs na skool. Ontwikkel selfvertroue, stem, en verhoog-teenwoordigheid.
Leer die basis van komposisie, lig en jou kamera se instellings, prakties toegepas.
Skildery, teken en gemengde media, van beginners tot gevorderd.
Solo-sang, stem-tegniek en aanbieding, in Afrikaans en Engels.
Klavier, klawerbord, baskitaar, akoestiese kitaar, elektriese kitaar, dromme, ukelele, klarinet, dwarsfluit, blokfluit.
Speelse musiek-inleiding vir ons jongste musikante.
Formele musiek-teorie klasse ter ondersteuning van instrumentale en sang-leerlinge.
Kry die volledige inligting en inskrywingsvorms per afdeling.
Die jaarlikse Goudveld Taal- en Kunstefees is verseker 'n hoogtepunt op die kultuurkalender. Leerders kom van wyd en suid om deel te neem en hulle sê te sing, te praat of te teken.
Goudveld-Hoërskool se koor bestaan uit 80 lede. Die koor tree gedurende die jaar by verskeie geleenthede op.
Goudveld het 'n aktiewe Voortrekker-kommando wat gereeld deelneem aan streek- en nasionale byeenkomste.
Goudveld bied ook Musiek as vak aan, met opgeleide personeel en 'n verskeidenheid instrumente vir individuele klasse.
Kry al die inligting en skryf in vir 2026, in musiek, drama, dans, visuele kunste en meer.