Slaan oor na inhoud
057 352 7187 Ma.–Do. 07:15 – 15:00 · Vr. 07:15 – 14:00
Goudveld Hoërskool · Welkom

Akademie

Presteer is die beste geweer. Wees verseker jy is spesiaal en daarom verdien jy net die beste.

Akademie is ons trots

Kennis, karakter en die regte geleenthede

By Goudveld glo ons dat elke leerder se potensiaal ontsluit kan word deur harde werk, toewyding en die regte geleenthede. Ons streef daarna om nie net kennis oor te dra nie, maar ook 'n liefde vir leer te kweek wat jou vir die toekoms voorberei.

Doen aansoek vir 2026
Vakaanbod

Watter vakke kan 'n Goutie kies?

Ons vakstruktuur is verdeel tussen die verpligte leerareas en keusevak-groepe.

Graad 8 & 9

Verpligte leerareas

Al hierdie vakke word deur elke Graad 8 en 9 leerder geneem.

Afr Afrikaans
Eng Engels
Wisk Wiskunde
NW Natuurwetenskappe
EBW Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
LO Lewensoriëntering
TEG Tegnologie
SW Sosiale Wetenskappe
SK Skeppende Kuns / Landbou
Graad 8 vakpakkette: Skeppende Kuns óf Landbou.
Graad 10 tot 12

Verpligte leerareas

Vier vakke wat elke Graad 10 tot 12 leerder verpligtend neem.

Afrikaans
Engels
Lewensoriëntering
Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid

Graad 10 tot 12 vakpakkette

Kies bykomend drie vakke uit een van die volgende drie groepe.

01 Groep 1
  • RTT Rekenaartoepassingstegnologie
  • GEO Geografie
  • LW Lewenswetenskappe
  • REK Rekeningkunde
02 Groep 2
  • FW Fisiese Wetenskappe
  • TOER Toerisme
  • BST Besigheidstudies
03 Groep 3
  • RTT Rekenaartoepassingstegnologie
  • VST Verbruikerstudies
  • IGO Ingenieursgrafika en -ontwerp
  • LW Lewenswetenskappe
Fooie

Addisionele Vakkostes

Sekere vakke dra bykomende kostes vir materiaal of afrigting.

Rekenaartoepassingstegnologie

R400

per jaar

Verbruikerstudies

R450

per jaar vir bestanddele

Ingenieursgrafika en -ontwerp

R400

per jaar

Musiek

Per kwartaal

addisionele fooie word gehef

Agtste vak

Benewens bogenoemde kan Inligtingstegnologie en Musiek as agtste vak geneem word, onderhewig aan keuring en sekere voorwaardes.

Vir alle agtste of meer vakke word 'n addisionele bedrag van R2 400,00 per jaar per vak gehef.

NB Vakkeuses is onderhewig aan Departementele Rasionalisering.
Well-Done Funksie 2025

Matriek Uitslae 2025

Ons vier die harde werk en volgehoue toewyding van ons Graad 12-klas van 2025.

Erkenning

"Well-Done" Function 2025

Goudveld het behoorlik toekennings ingeryg tydens die 2025 "Well-Done" Function. Loer gerus na die volle lys.

Lees Meer
In die klaskamer en verder

Alledaagse Goudveld-oomblikke

Ondersteuning

Leerderondersteuning

Leerders wat spesifieke akademiese of emosionele ondersteuning nodig het, word deur ons ondersteuningspan begelei. Ons werk saam met ouers om uitdagings vroeg te identifiseer en aan te spreek.

Meer oor ondersteuning

Graad 12 Merkers

Ons personeel dien elke jaar as merkers vir Graad 12-eindeksamens, 'n bewys van die akademiese kaliber wat ons klaskamers in dryf.

Meer inligting