Die Eerste Dekade (1961 - 1969)

Goudveld-Hoërskool het in Januarie 1961 van Welkom-Gimnasium afgestig en onder die tydelike naam Welkom-Suid Hoërskool, met ongeveer 150 leerlinge en 12 onderwysers sy deure geopen.  Die Gouties se eerste hoof, mnr. M.A. Ferreira, was in 'n  tydelik hoedanigheid aangestel.  

In 1962  het mnr.  JEPH Johl die leisels by die  skool oorgeneem en tot 1966 die skoolhoof gebly.  

Mnr JEPH Johl

 

1962 - 1966

Intussen, in Februarie 1962,  het die skool se naam verander na Goudveld-Hoërskool.  Die voorgestelde naam van "Republikein" was nie vir die personeel aanvaarbaar nie.

 In Julie 1966 het mnr. L.J. Joubert die nuwe skoolhoof geword.  Aan die einde van 1966 het Goudveld-Hoërskool se getalle gestaan op 652 leerlinge. Op daardie stadium was dit die grootste skool in die Vrystaatse Goudvelde. In 1968 groei die skool tot 834 leerlinge.

1966 -  1989

Mnr. L.J. Joubert

 

Die Tweede Dekade (1970 - 1979)


In 1971 begin die skool met 908 leerlinge en 'n nuwe adjunkhoof, mnr. BWM Nel.  In 1972 lewer die skool sy eerste Springbok, Rosa Viljoen, in Gimnastiek op.  

'n Klompie hoogtepunte in dié tyd kan soos volg opgesom word:

1971:   Die tradisie van die 'hare'- wedstryd begin.   Die besluit dat 'n pawiljoen gebou sal word, word geneem.  Die inwyding van die pawiljoen is op 17 Februarie 1973.

1973:  Mnr. W.J. Paulsen word as die nuwe adjunkhoof aangestel.

1974:  Ena Bester, onderhoofdogter skryf 'n brief aan die Stadsraad waarin die instelling en verkiesing van 'n Junior Stadsraad geprpopageer word.

1975:  Spreiligte word by die skool in gebruik geneem.

 

 

 

Die Derde Dekade (1980 - 1989)

Die aanbreek van die Tagtigerjare het ook die twintigjarige bestaan van Goudveld-Hoërskool ingelui.  Ongekende suksesse was reeds  kenmerkend van die skool se bestaan.  Die Gouties het hom reeds gevestig as een van die toonaangwende skole in die Vrystaat en selfs ook nasionaal.

In 1982 vier die Gouties hulle mondigwording.  'n Groot feesdag met 'n sierwa-optog deur die stad is gehou om hierdie unieke gebeurtenis te vier.

In 1984 word die St. 6-oriënteringskamp vir die eerste keer aangebied. Een van die hoogtepunte in dieselfde jaar was die uitgee van die Gouties se eerste skoolkoerant. Die koerant 'Die Goutie" wen in 1985 en 1986 die landwye kompetisie vir skoolkoerante.

Die jaar 1988 was 'n besonderse goeie sportjaar toe die eerste netbalspan daarin geslaag het om die eerste skool in die Goudvelde te word wat die Direkteurstrofee kon verower.  Die Goutie word ook gedurende hierdie jaar vir die vierde keer aangewys as die beste skoolkoerant in die Land. 

In 1989 besluit mnr. L.H. Joubert om die tuig as skoohoof neer te lê.  Sy bydrae by die skool was uniek, positief en het blywende spore gelaat. In die vierde kwartaal het mnr. Hennie van Zyl gevolglik die leisels by hom as skoolhoof oorgeneem.

Mnr. Hennie van Zyl

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dekades vanVerandering

In die eerste week van Augustus 1991 vier die Gouties hulle 30ste bestaansjaar.  Verskeie funksies is gehou en makietie was aan die orde van die dag. 

In 1992 word mnr. Hentie Grobbelaar aangestel as die waarnemende hoof nadat mnr. Hennie van Zyl 'n ander pos elders aanvaar het.  Op 21 Julie 1992 word die skool amptelik tot Model C-skool verklaar.

Met die aanbreek van 1993 het die Gouties die  nuwe skool met 'n nuwe skoolhoof begin. Mnr. S.W.P. Scott, neem gevolglik die leisels oor en bou die skool op ongekende wyse op tot en met sy aftrede in 2011. 

Mnr. Kallie Scott

1993  -  2012

Die negentigerjare was besonder moeilike jare as gevolg van die politieke veranderinge in die land asook die Departement se beleid van rasionalisasie. Verskeie onderwysers met baie jare diens het gevolglik die skool verlaat , hetsy met pakette, persioen of uitdiensstelling.  Ten spyte hiervan het die skool op baie terreine steeds in getalle gegroei en uitsonderlik presteer.

Een van die meer onstellende gebeurtenisse in die tyd was die afbrand van die skool se lapa in 1998. Uit ondersoeke is bevind dat brandstigting die oorsaak was. Die lapa is nietemin herbou

Die jaar 200o het die skool weereens 'n 100 % slaagsyfer en word vir die derde keer agtereenvolgens as die Nommer 1 akademiese skool in distrik deur die Departement aangewys. Hierdie eer het Goudveld-Hoërskool vir baie jare daarna weer te beurt geval.

In 2012 het mnr. Hentie Grobbelaar as skoolhoof waargeneem terwyl mnr. Scott die jaar op siekteverlof was.